VIDEO: JP Putter ondergaan tweede operasie om gesplete lip en verhemelte te herstel
Hy is omstreeks 1nm in die teater ingestoot en was teen 3.30nm uit.

JP Putter wat op 21 Desember in Ermelo Provinsiale Hospitaal met ‘n gesplete lip en verhemelte gebore is, het onlangs sy tweede operasie om sy lip en verhemelte te herstel, ondergaan.
Sy ma, Me. Carina Putter, het vertel dat dit ‘n lang pad was, maar dat daar soveel in die maande voor die operasie plaasgevind het.
LEES OOK: Ermelo gemeenskap staan saam om JP Putter se operasies ’n moontlikheid te maak
Me Putter het gesê: “Ons was geseënd met die gemeenskap van Ermelo, wat hulle harte en beursies oopgemaak het om te verseker dat JP die beste behandeling kan kry.”
Die oggend van dié operasie was haar mamma-hart broos en sy het vertel dat hulle as gesin verlief geraak het op klein JP met sy gesplete lip- en verhemelte.
LEES OOK: Carina Putter beoog om Ermeloërs meer bewus te maak van kinders met splete
Hy is omstreeks 1nm in die teater ingestoot en was teen 3.30nm uit.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



