Die AfriForum-buurtwag op Standerton het op 8 November, in samewerking met die polisie en Kasselman Veiligheidsdienste (KVD), aan dié organisasie se nasionale sigbaarheidspatrollie deelgeneem.
Volgens hulle persvrystelling, het 11 patrolleerders van 7nm tot 4.30vm sowat 280km in 20 manure afgelê.
Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.
Die burgerregteorganisasie het op 30 Oktober ‘n nasionale projek van stapel gestuur om polisiëringsigbaarheid oor die komende feesseisoen te verhoog.
Misdaad sal na verwagting oor die feesseisoen toeneem en daarom wil AfriForum se buurtwagte ‘n verskil in hul onderskeie gemeenskappe maak deur inwoners met hoësigbaarheidsaksies gerus te stel en te beveilig.
“Sigbaarheid speel ‘n deurslaggewende rol om misdaad te bekamp,” het mnr. Gerhard Moll, voorsitter van die buurtwag, gesê.



