CrimeNews

Veediefstaleenheid en buurtwag maak deurbraak

Volgens 'n persvrystelling van die burgerregte-organisasie, het buurtwaglede tydens 'n patrollie onraad by die plase Holmdene en Vlakfontein vermoed toe hulle 'n geknipte draadheining gesien het wat net weer vasgemaak is. 

AfriForum se Standerton-buurtwag en die plaaslike polisie se veediefstaleenheid het op 7 November ‘n deurbraak in veediefstalsake gemaak nadat ‘n verdagte in hegtenis geneem is.

Volgens ‘n persvrystelling van die burgerregte-organisasie, het buurtwaglede tydens ‘n patrollie onraad by die plase Holmdene en Vlakfontein vermoed toe hulle ‘n geknipte draadheining gesien het wat net weer vasgemaak is.

Die buurtwag het ook vermoed dat beeste moontlik gesteel is en die vars beesmis dadelik begin volg.

Die veediefstaleenheid op Standerton is ook in kennis gestel om hulp te verleen.

Daarna is sowel die beeste as twee verdagtes opgemerk, waarna een van die twee aangekeer is.

Al die gesteelde beeste is teruggekry.

“Ons is bly ons kan die gemeenskap bystaan om misdaad saam met instansies soos die polisie te bekamp,” het mnr. Gerhard Moll, voorsitter van AfriForum se Standerton-buurtwag, gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button