AfriForum Bethal op die regte pad
Die span het Dinsdag, 12 November Blesbokstraat aangepak en ’n projek van bykans R18 000 is afgehandel. Met ’n vorige projek is slaggate in Gemsbokstraat reggemaak wat dié tak bykans R30 000 uit die sak gejaag het.
BETHAL – AfriForum se tak op Bethal het self die pik en graaf gevat om weer eens slaggate op die dorp te herstel.
Verskeie paaie het reeds onder me. Ingrid Human, voorsitter van dié tak, en haar span se ysterhande deurgeloop.
Die span het Dinsdag, 12 November Blesbokstraat aangepak en ‘n projek van bykans R18 000 is afgehandel.
Met ‘n vorige projek, is slaggate in Gemsbokstraat herstel wat dié tak bykans R30 000 uit die sak gejaag het.
Me. Human het gesê dat Bethallers self ook insiatief moet neem.
“Oom Frans Odendaal is ‘n goeie voorbeeld. AfriForum het al Kleynhansstraat se gate herstel, maar hy het daarna self gate begin herstel. Hy het die teer gekoop, twee werkers gehuur en die herstelwerk begin doen. Meer van ons moet sy voorbeeld begin volg.”
AfriForum is nie deel van enige politieke party nie en bedien die gemeenskap in hul eie hoedanigheid.
Wanneer jy as lid aansluit, maak jy hulle hande sterker.




