CrimeLocal newsNews

AfriForum skryf vir die polisie oor grondgrype in GMM

Skrywes is plaaslik ingedien by die polisiekantore van Bethal, Charl Cilliers, eMbalenhle, eMzinoni, Leandra, Secunda en Trichardt.

Die burgerregtewaghond AfriForum het op 7 November skrywes by 26 polisiestasies in Mpumalanga, onder meer dié in die Govan Mbeki-munisipale gebied, ingehandig om die polisie weer bewus te maak oor die wyse waarop grondgrype hanteer moet word.

Dié skrywes is ingedien saam met ‘n direktief wat die nasionale kommissaris vroeër vanjaar aan alle polisiestasies gestuur het.

Dié aksie vorm deel van ‘n projek wat AfriForum van stapel gestuur het om soveel polisiestasies as moontlik in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga te besoek om gidse te oorhandig wat die prosedure vir polisiehantering van grondgrype duidelik uiteensit.

Skrywes is plaaslik ingedien by die polisiekantore van Bethal, Charl Cilliers, eMbalenhle, eMzinoni, Leandra, Secunda en Trichardt.

“Grondgrype in die Noordstreek het sedert die begin van 2019 beduidend toegeneem, met sowat 45 gevalle in Gauteng, vyf in Limpopo en nege in Mpumalanga.

“Dit blyk dat die polisie gereeld versuim om hul grondwetlike plig en verantwoordelikhede na te kom – veral wat grondgrype betref.

“Dit het tot gevolg dat eienaars van eiendom waarop grondgrype plaasvind hul hand diep in die sak moet steek om die hof te nader om dié grondgrype te keer,” het mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld gesê.

AfriForum is van mening dat sommige polisiestasies steeds nie die nasionale direktief en instruksie van oor die hantering van grondgrype nie.

“AfriForum sal voortgaan om as burgerregtewaghond op te tree en druk op die owerhede toe te pas om te verseker dat hulle hul grondwetlike pligte nakom.

“Ons sal streng teen polisiestasies optree wat nie hul pligte nakom nie.

“Twee sulke voorvalle is lreeds in die Laeveld aangemeld en AfriForum het ingetree om dit op te klaar,” het mnr. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button