Local newsNews
Hoogies se 1969 matrieks herleef skooldae
Wie sou kon dink dat jy 50 jaar nadat jy gematrikuleer het, weer reünie sal hou. Die matrikulante van 1969 het dit reg gekry.

BETHAL – Wie sou kon dink dat jy 50 jaar nadat jy gematrikuleer het, weer reünie sal hou?
Die matrikulante van 1969 het dit reg gekry. ‘n Feesgeleentheid het in Oktober met tee en verversings by Hoërskool Hoogenhout afgeskop.
Die hoofseun en -dogter van 2019, J.P. Louw en Chanté Koen het die groep op ‘n toer van die skool geneem.
‘n Drie-gang-maaltyd is die aand geniet waarna almal die skoollied uit volle bors gesing het. Oom Bonte wat ‘n oud-onderwyser is, was ook teenwoordig.
Hy het ‘n paar staaltjies uit die ou skooldae vertel, wat almal laat skater het.
Vir dié oud Hoogies was dit ‘n heerlike geleentheid om hul skooldae te herleef.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



