Local newsNews

Hidrobreking laat gas uitborrel by Laerskool Standerton

Die voorval het nie tydens ’n pouse gebeur nie en mnr. Gouws en vuurvegters was die hele tyd op die toneel.

Nadat probeer is om ‘n boorgat te sink by Laerskool Standerton, het gas op Dinsdag 19 November uitgeborrel.

Die skool het dadelik werk van die saak gemaak en met Kasselman Veiligheidsdienste en die brandweer in verbinding getree.

Volgens die adjunkhoof, mnr. Joe Gouws, is veiligheidsmaatreëls dadelik in plek gestel deur die gebied af te sper.

Die voorval het nie tydens ‘n pouse gebeur nie en mnr. Gouws en vuurvegters was onder meer die hele tyd op die toneel.

Volgens mnr. Gouws was leerlinge geensins in gevaar nie.

Werkers van die skool was besig met opruiming toe die Standerton Advertiser vroegoggend foto’s geneem het.

Die afgesperde gebied waar ’n boorgat by Laerskool Standerton gesink is. (Foto: Verskaf)

“Dit is natuurlike gasse wat ondergronds raakgeboor is,” het mnr. Gouws gesê.

Mnr. Martyn Landman van Bethlehem wat die boorwerk behartig het, het gesê daar is toegesien dat die vlamme doodgegooi word.

Hy het die koerant na ‘n geoloog, mnr. Gideon Groenwald, ook van Bethlehem, verwys.

Mnr. Groenewald het op Donderdag 21 November gesê dat dit nie ‘n ongewone gesig in die omgewing is sedert maatskappye met hidrobreking (‘fracking’) begin het nie.

“Dit is onmoontlik om te sê watter soort gas dit was omdat daar derduisende soorte aardgasse is,” het hy mee afgesluit.

“Die gas sou eers ontleed moes word om die aard te bepaal.”

Werkers maak op Dinsdag 19 November skoon waar ’n boorgat by Laerskool Standerton gesink is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button