Helpende Hand maak Ons Winkel oop op Secunda
Nuwe winkel open deure vroeg in Januarie

SECUNDA – Solidariteit Helpende Hand maak vroeg in die nuwe jaar weer ‘n Ons Winkel op Secunda oop.
Volgens Helpende Hand se streekskakelbeampte vir Mpumalanga, me. Melissa Nel, is dié winkel enige persoon se een-stop-winkel vir reuse winskopies.
“Ons verkoop enige iets van potte en panne tot die mooiste liefdesverhale wat in ‘n boek vasgevang is,” het me. Nel gesê.
Die opbrengs van dié winkel sal bydra tot Helpende Hand se studiefonds wat rentevrye studielenings bied.
“Toekomstige dokters, onderwysers, ingenieurs en ander beroepe wat hulpbehoewend is, staan die kans om verder te studier met die hoop op ‘n beter toekoms,” het me. Nel gesê.
Helpende Hand se Mpumalanga- en KwaZulu-Natal Noordstreke het vanjaar reeds 61 studente gehelp om in 2020 te kan studeer.
Die take, in samewerking met die streek, het ‘n totale bedrag van R1 503 700 aan voornemende studente gebied.
Vir meer inligting, besoek Solidariteit Helpende Hand Mpumalanga se Facebook-blad.
Me. Alta Bezuidenhout, wat die nuwe eienaar van Ons Winkel gaan wees, het die gemeenskap gevra om donasies en skenkings af te lewer by De Villiersstraat op Trichardt.
Vir meer inligting, skakel me. Annemarie van Heerden (streeksorganiseerder vir Mpumalanga en KwaZulu-Natal Noord) by 082 829 2546 of me. Nel (streekskakelbeampte vir Mpumalanga en KwaZulu Natal Noord) by 072 660 7345 of me. Bezuidenhout by 082 826 5228.




