Local newsNews

Hoëveld Fotografieklub skop jaar af

Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms in Februarie by te woon

SECUNDA – Fotograwe van die Hoëveld Fotografieklub het op Vrydagaand, 17 Januarie hul jaar met hul eerste byeenkoms afgeskop.

Die voorgeskrewe onderwerp vir Januarie was nagfotografie/stêrre en mnr. Piet Potgieter se foto, Spitzkop Stars, was die beste.

Mnr. Pierre Jordaan se foto, What did you say, was die beste onder die senior fotograwe en mnr. Gerrit Myburg se foto, Shaking off the Rain, was die beste onder die junior fotograwe.

Mnr. Jordaan het ook ‘n sertifikaat van meriete vir een van sy ander foto’s, Swewende Roofarend, ontvang.

Die ander fotograwe wat presteer en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is dr. Leon Pelser met sy foto, Field of Dreams, mnr. Danie Smit met sy foto’s Leeukop Sononder en Galery Trap en mnr. Johan Viljoen met sy foto, Exploding Sky.

Lede van die Hoëveld Fotografieklub kom maandeliks byeen en skryf dan hul beste foto’s in waar dit dan ten toon gestel en beoordeel word.

Belangstellendes is welkom om die klub se volgende vergadering op Vrydagaand, 21 Februarie by die Scrum Inn by die Sasol Ontspanningsklub om 6nm vir 6.30nm by te woon.

Skakel mnr. Jordaan by 082 465 0248.

Mnr. Pierre Jordaan het ‘n sertifikaat van meriete vir sy foto, Swewende Roofarend, ontvang.
Dr. Leon Pelser het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Field of Dreams, ontvang.
Mnr. Danie Smit het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Leeukop Sononder, ontvang.
Mnr. Pierre Jordaan se foto, What did you say, was die beste onder die senor fotograwe.
Mnr. Danie Smit het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Galery Trap, ontvang.
Mnr. Gerrit Myburg se foto, Shaking off the Rain, was die beste onder die junior fotograwe.
Mnr. Johan Viljoen het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, Exploding Sky.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button