Local newsNews

Pieter van der Merwe sit sy kunsloopbaan op Standerton voort

Met die oogopslag by die gastehuis waar hy onder meer ’n ateljee beplan, tref die grafietpotlood-figuur, getiteld ‘Believe’ ’n mens eerste.

Pieter van der Merwe,’n oud-Standertonner, voormalige student in industriële ingenieurswese, ontwerper en kunstenaar wat weer op die Hoëveld is, is druk besig met sy kunsloopbaan.

Met die oogopslag by die gastehuis waar hy onder meer ‘n ateljee beplan, tref die grafietpotloodfiguur, getiteld ‘Believe’ ‘n mens.

Sy geloofsvertroue was duidelik in weerwil van die ander prominente werk, wat sy rebelsheid uitbeeld.

Op skool het dié hoofseun van Laerskool Jeugkrag van kuns gehou, ietwat verveeld gewees en onskuldig in baie moeilikheid beland.

Dit was eers aan die Universiteit van Johannesburg wat hy kon identifiseer met mede-studente in sy vakgebied, wat in dieselfde tydsraamwerk was.

Sy nismark is grafiet en ‘n kunsgalery op Hermanus het die potensiaal raakgesien, soveel so dat sy eerste werk vir ‘n allemintige R45 000, in ag genome ‘n nuwe naam in die kunswêreld, verkoop is.

“Ek het in twee jaar 19 werke voltooi en 16 daarvan is by kopers in Engeland en Amerika,” het Pieter gesê.

Pieter van der Merwe in ‘n onstpanne luim in die tuin van die gastehuis.

Hy het in gr.1 begin skilder en het aanvanklik olieverf as medium gebruik met Celestie Bailey van Standerton wat hom touwys gemaak het.

Pieter was ook dié skilder, wat kunsklasse aanbied, se eerste student.

“Ek het byna 16 jaar klas by haar geloop en sy was soos ‘n tweede ma,” het hy gesê.

Die ander prominente werk is ‘n oog, wat Pieter se liefde vir detail onderstreep.

“Ek hou van presiese, superrealistiese kuns,” het hy ook gesê.

“Ek was van meet af aan ongelooflik gemaklik met ‘n potlood.”

Pieter van Merwe soek lafenis in die tuin op dié snikhete dag.

Hy skep elke jaar ‘n oog van foto’s wat hy self neem, wat dui op die dieper kyk na die lewe.

“Ek wil ‘n storie vertel, nie net ‘n prentjie teken nie,” het hy bygevoeg.

Pieter se prioriteite is kant en klaar uitgewerk, naamlik eerste sy kuns, tweede die galery bestuur en dan ‘n koffiewinkel vir diegene wat oor ‘n koppie koffie diepgaande dinge wil bespreek, en sommer op die koop toe, kop kan skoon kry.

Sy kunswerke op Hermanus sal roteer word met die kunsgalery ter plaatse en ‘n kunsgalery in Kalifornië, Amerika het ook van sy werke.

Kunsliefhebbers kan hom op al die sosiale media platforms volg.

Hy leef in die moment en dié kreatiewe natuurmens se besluit om op Standerton te vestig, het iets met Cupido se pyltjie te make.

Haar naam is Almay Lemmer, ‘n halfdagboekhouer by Johann Geyser Boerdery, wat in die middae as een van die naskoolonderwysers by Laerskool Standerton diens doen.

‘n Hond en twee katte later, maak van hul huis ‘n tuiste.

“Ek is hier vir die liefde,” het hy mee afgesluit.

Pieter van der Merwe by sy werk wat ietwat van sy rebelsheid uitbeeld.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button