Local newsNews

Secunda-egpaar leef hul kunstigheid uit met trokrienbeelde en opgestopte oorpakke

Die egpaar vul mekaar goed aan. Me. Boucher het ’n kunstenaarskop en mnr. Boucher se kunstenaarshande gee gestalte aan haar idees

SECUNDA – Van al die huise in Hexrivierstraat, is dié van die Bouchers seker die vreemdste.

Met die eerste blik (hou in gedagte dit was immers skemer) het Frikkie die eerste koue rillings veroorsaak.

‘n Beeld in tuin wat aan die Grim Reaper herinner, laat die nekhare effe opstaan. Die reuse stop-teken by die motorhuis beaam dat ‘n mens eerder die pad moet vat.

Wanneer jy egter in die daglig by mnr. Renier (43) en me. Sonia (34) Boucher aanklop, lyk dinge skoon anders – steeds vreemd, maar nie vreesaanjaend nie en as hulle eers begin vertel wat die motief agter elke “kunsstuk” in hul erf is, begin dinge nogal sin maak.

Frikkie is ‘n opgestopte wit oorpak wat in die boom op die sypaadjie hang. Hy was oorspronklik Benjamin gedoop en was aan die palissades vasgemaak om die draak te steek met hulself en mede-liefhebbers van bulterriërs.

Dié beeld in die Bouchers se tuin heet Maria Magdalena.

Die Bouchers het twee van dié honde-kinders.

Iewers langs die pad is Benjamin na Frikkie herdoop en het hy aan die boomtak beland.

“Dis nou soveel makliker om vir mense te verduidelik waar ons woon – kyk net uit vir Frikkie,” het mnr. Boucher geskerts.

Daar is ‘n vreemde fietstoeter aan die hek, nog ‘n opgestopte broek of twee in tuin, ‘n paar padtekens, ‘n groot en donker tokrien-standbeeld met ‘n wit masker vir ‘n gesig en ‘n bak in die hand, die beeld wat die vorige aand as die doodsengel aangesien was, en nog twee soorgelyke figure met instrumente aan die ander kant van die motorhuis.

Die figuur met die wit masker-gesig word Maria Magdalena genoem en dis haar maat daar in die middel van die tuin.

Me. Sonia en mnr. Renier Boucher het gereeld pret met Frikkie, die opgestopte oorpak wat tans in ‘n boom op die sypaadjie hang. Hy was voorheen aan die palissades vasgemaak.

“Ons het soortgelyke beelde aanlyn gesien en wou probeer om dit te maak omdat ons daarvan gehou het,” het me. Boucher gesê.

Die ander twee musikale figure beeld die Boucher-egpaar uit.

Albei is wedergebore Christene met ‘n groot liefde vir musiek. Mnr. Boucher is ‘n meester op die kavier en me. Boucher speel bas-tjello (upright bass), ‘n instrument wat sy sowat vyf jaar gelede, nadat sy ‘n droom van God ontvang het, geleer het om te bespeel.

“Ek het net gedink: wie nie waag nie sal nie wen nie.”

Die lewensgroote beelde is verbasend lig, want dit is uit gooingsak en tokrien gemaak.

“Ons het eers klein begin en geoefen om te kyk of ons dit sou kan regkry,” het mnr. Boucher gesê.

Mnr. Renier boucher het vir Frikkie in die boom voor hul huis opgehang as ’n aanwysingsmerker vir besoekers.

Die twee het in Rustenburg ontmoet en het ná hul bekering deel van hul kerk se musiekbediening geword.

Die egpaar vul mekaar goed aan. Me. Boucher het ‘n kunstenaarskop en mnr. Boucher se kunstenaarshande gee gestalte aan haar idees.

Bedags is mnr. Boucher ‘n elektromeganikus op ‘n myn en me. Boucher is ‘n fotograaf.

Hy kan gordyne maak, sy verstaan rekenaars en kan enige iets ontleed, hy is die musikant, maar sy is toon-perfek en ‘n goeie klankman, albei hou van tuinmaak.

Hulle is sowat 13 jaar getroud en het drie jaar gelede na Secunda verhuis. Die egpaar het ook vyf worshonde en twee katte.

Me. Sonia en mnr. Renier Boucher met hul musikale ewe-“beelde”.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button