Local newsNews

Suikerbekkies hou vergadering op Secunda

Groep nooi belangstellendes na volgende vergadering

SECUNDA – Lede van die Suikerbekkies het in Januarie hul jaar afgeskop met ‘n vergadering by Garden Terrace Kwekery.

Me. Venessa Erasmus het vir die vroue gewys hoe om kleinkoekies met koninklike versiersel (Royal icing) te versier.

Me. Erasmus het aan die lede verduidelik hoe om eierwitte en die versiersel te meng en gesê dit is beter om dit in ‘n glasbak aan te maak.

“Die eierwit moet spierwit wees,” het me. Erasmus gesê.

Sy het vir lede gewys hoe om pienk hartjies op die koekies te maak, asook kolle of luiperd-motief.

Die Suikerbekkies vergader weer op Woensdag, 12 Februarie om 9vm by Garden Terrace Kwekery.

Vir meer inligting, skakel me. Erasmus by 082 824 0775.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button