CrimeNews

Veiligheidstrukture op Standerton trek veediewe vas

Die booswigte het egter eers op 23 Januarie toegeslaan en lede van dié eenheid en STIC het hulle op Morgenzon ingewag, met buurtwaglede, KSS-beamptes en boere van die Charl Cilliers-omgewing, wat die pad versper het toe hulle Standerton binnegegaan het.

AfriForum se Standerton-buurtwag het op 23 Januarie in samewerking met lede van die Bethal ‘Stock Theft Information Centre’ (STIC) en Kasselman Veiligheidsdienste (KSS), veediewe ná ‘n twee-dae-lange operasie vasgetrek.

Díe buurtwag het inligting ontvang dat veediewe beplan om op 22 Januarie op ‘n plaas buite Morgenzon toe te slaan, beeste te steel en die diere met ‘n voertuig na Standerton te vervoer.

Die veediefstaleenheid van die Bethal Polisie en STIC-lede is betrek om bystand te verleen.

Die booswigte het egter eers op 23 Januarie toegeslaan en lede van dié eenheid en STIC het hulle op Morgenzon ingewag, met buurtwaglede, KSS-beamptes en boere van die Charl Cilliers-omgewing, wat die pad versper het toe hulle Standerton binnegegaan het.

Die diewe het probeer om te voet te ontsnap, maar al vyf is in hegtenis geneem en twee vasgebinde diere is agter op die betrokke voertuig gevind.

Die beeste is teen Vrydagoggend uitgeken en die verdagtes word, na bewering, met ander misdrywe verbind.

Die buurtwag het verlede jaar een van die verdagtes wat tans uit is op borgtog, in verband met veediefstal in hegtenis geneem.

“Dié sukses is ‘n bewys dat goeie beplanning en samewerking van verskeie strukture noodsaaklik is,” het mnr. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, gesê.

“Saam kan ons ‘n verskil maak om die vlaag misdaad in Suid-Afrika te bekamp.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button