SECUNDA – Mnr. Manie Senekal, ‘n bejaarde wat op 32 aanklagtes van seksuele aanranding teen kinders teregstaan, het op Donderdag, 23 Januarie weer in die hof verskyn.
Sy saak is uitgestel na Maandag, 24 Februarie.
Hy en sy oorlede vrou, me. Marie Senekal wat in Junie verlede jaar dood is, het na bewering by ‘n kleuterskool op Balfour glo wandade met kinders gepleeg.
Die Senekal-egpaar is in 2012 aangekla.
Albei was 71 jaar oud toe die hofsaak bykans agt jaar gelede begin het.
Hulle het skuld op al die aanklagtes ontken.
Lees ook:
https://www.citizen.co.za/ridge-times/154564/alleged-serial-rapist-escapes-evander-police-stations-holding-cells/
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



