Local newsNews

Secunda VLU vereer hul presteerders

Tak nooi belangstellendes om aan te sluit

SECUNDA – Lede van die Secunda VLU-tak het op Woensdag, 15 Januarie die jaar met hul eerste vergadering afgeskop.

Dié tak het hul lede wat verlede jaar die beste deur jaar die presteer het, op ‘n prysuitdeling vereer. Me. Maryna Hartman het met die meeste pryse weggestap.

Sy het eerte plekke verower in die naaldwerkafdeling, die handvlytafdeling, die gebottelde/gebakte-afdeling en die konferensie/kongres-afdeling en sy het ook algeheel eerste geëindig.

Me. Launa Jansen van Vuuren het tweede in die konferensie/kongres-afdeling geëindig en sy het ook ‘n algehele tweede plek behaal.

Me. Estelle Boshoff het ‘n tweede plek in die naaldwerkafdeling behaal en algeheel derde geëindig.

Me. Lettie Visser het tweede in die naaldwerkafdeling geëindig en me. Teresa de Wet het derde in die konferensie/kongres-afdeling geëindig.

Me. Sophie Hugo het eerste in die gebottelde/gebakte-afdeling geëindig.

Vir meer inligting, skakel me. Jansen van Vuuren by 061 065 7417.

Me. Sophie Hugo, me. Maryna Hartman, me. Launa Jansen van Vuuren en me. Teresa de Wet het pryse ontvang by Secunda VLU-tak se prysuitdeling.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button