Local newsNews

VLU-vroue hou streeksvergadering

Belangstellendes is welkom om by takke aan te sluit

SECUNDA – Verskeie VLU-takke van die omgewing het op Woensdag, 22 Januarie hul eerste streeksvergadering vir die jaar by Die Ark by die N.G. Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente bygewoon.

Mnr. Arno Smith van Delta Agri het met vroue gepraat oor produkte wat boere kan gebruik vir hul plante.

Vroue het ook hul kompetisie-artikels vir die VLU konferensie wat later vanjaar plaasvind, ingehandig.

Die Secunda- en Kinross VLU-takke vergader maandeliks, vir meer inligting oor die Secunda VLU-tak skakel me. Launa Jansen van Vuuren by 061 065 7417 en vir Kinross VLU-tak, skakel me. Hannie van Niekerk by 072 834 1554.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button