CrimeNews

Beweerde molesteerder in Mei weer in hof

Een van die meisies se ma's word ook aangekla omdat sy versuim het om 'n saak oop te maak.

BETHAL – Die 35-jarige man wat op Maandag, 20 Januarie in die hof verskyn het op aanklagtes van seksuele oortredings met verskeie meisies tussen 10 en 16 jaar oud, se saak is uitgestel na 11 Mei.

DiƩ man is die pa van twee seuns en is in Augustus 2018 in hegtenis geneem.

Daar is tans verskeie klagtes teen die man.

Die misdrywe het na bewering op Bethal en Secunda, meestal by familie-byeenkomste, plaasgevind.

Iemand van die gemeenskap het glo agtergekom daar is fout met een van die beweerde slagoffers en het toe navraag gedoen.

‘n Saak is hierna teen die man aanhangig gemaak.

Een van die meisies se ma’s word ook aangekla omdat sy versuim het om ‘n saak oop te maak.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/145347/pa-se-saak-op-seksuele-aanklagtes-uitgestel-na-volgende-jaar/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button