SECUNDA – Die Rondekerk het op Sondag, 19 Januarie hul jaartema, naamlik 4G, aan die gemeente bekend gestel met ‘n spesiale erediens.
Die tema, 4G, is soos die netwerk en die onderafdelings van dié tema vir 2020 is Godgerig, Geesvervuld, gawegedrewe en gestuur.
Dit is die Rondekerk se fokuspunt vir vanjaar en die leraars van dié kerk wil hê die gemeente moet nie net in die kerk verbind wees nie, maar ook aan die gemeenskap en hul omgewing.
Hulle het dié dag met kolwynjties gevier.
Ds. Henry Stopforth het almal na dié kerk se diens op Sondag, 9 Februarie wanneer hulle met die 2020 Visie-reeks begin, genooi.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



