Local newsNews
Teksa Blommeklub hou vergadering
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering by te woon
SECUNDA – Lede van die Teksa Blommeklub het op Donderdag, 23 Januarie hul jaar met hul eerste vergadering begin.
Me. Magda Schwab en me. Sophie Hugo het vir lede hul rangskikkings gewys.
Me. Schwab het vir lede gewys hoe om ‘n rangskikking te doen deur van die drie primêre, sekondêre of tersiêre kleure op die kleurwiel gebruik te maak.
Me. Hugo het vir lede gewys hoe om ‘n rangskikking, waar net een kleur gebruik word met verskeie skakerings, te doen.
Vir meer inligting, skakel me. Schwab by 083 611 0684.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



