Local newsNews
AfriForum-jeugtak ruim op by Voetsporemonument
Die gras om die monument is gesny en opgehark, terwyl die paadjie ook weer netjies gemaak is.

Die AfriForum-tak op Standerton se jeugvleuel het op 26 Januarie die Voetsporemonument buite dié dorp skoongemaak.
Dié monument is etlike jare gelede deur die Standerton-tak ‘aangeneem’ en die jeug maak dit gereeld skoon.
Die gras om die monument is gesny en opgehark, terwyl die paadjie ook weer netjies gemaak is.
“Hierdie monument is deel van Standerton se geskiedenis en ons sal verseker dat dit behoue vir ons nageslag bly,” het mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



