Hoëveldrif DBV hou oggend vir vroue op Evander
Die DBV hou ’n vroue-oggend as n fondsinsameling met n spesiale gas spreker.
EVANDER – Die Hoëveldrif DBV hou ‘n vroue-oggend by die Fortis Hotel in Evander op Saterdag 9 Mei.
Die doel van die vroue-oggend is om geld in te samel. Ansie Fourie, die skrywer van ‘n Koei wat gaan lê – vrek, sal die gasspreker wees.
Die geleentheid het ‘n Parys-tema en bywonende vroue moet dié dag iets met ‘n Franse flair aantrek.
Elke gas gaan ‘n geskenkpakkie ontvang en ‘n gelukkige trekking sal gehou word, waar die vroue verskeie pryse kan wen.
‘n Foto-kiosk sal die dag ook beskikbaar wees.
Kaartjies vir die vroue-oggend kos R150 elk, waarvan slegs 23 kaartjies nog beskikbaar is.
Vroue wat belangstel en graag kaartjes wil koop, moet me. Chanelle Oosthuizen, die fondsinsamelingorganiseerder vir die DBV, kontak by 072 541 9634.




