Local newsNews

Dewald Tromp beoordeel Ermelo Fotoklub se April-inskrywings

Die klub bied die geleentheid aan beginnerfotograwe om by ander te leer en hul vaardighede te verbeter.

Die afsonderingstydperk het geensins Ermelo Fotoklub se maandelikse kompetisie in die wiele gery nie, met fotograwe wat steeds hul beste werk voorgesit het.

Fotograwe se foto’s is aan mnr. Dewald Tromp van Midlens Fotoklub, vir beoordeling gestuur.

Mnr. Tromp het leersame kommentaar aan elke fotograaf deurgegee, en die klub hoop dat hy hul later vanjaar weer kan besoek.

Die klub bied die geleentheid aan beginnerfotograwe om by ander te leer en hul vaardighede te verbeter.

Maanddeliks kry fotograwe die geleentheid om drie fotos in die ope-afdeling en een foto in die vasgestelde onderwerp-afdeling in te skryf.

Die vasgestelde onderwerp vir vandeesmaand was “Sport”.

Me. Adel Smith het die junior-afdeling met haar foto, Comrades Just do it, gewen en mnr. Jan van Niekerk se foto, Kop in die grond en stert in die lug, het die seniorafdeling gewen.

In die ope-afdeling is me. Ashley Teixeira se foto, Reflection, as die 1-Ster wenner aangewys, me. Mari Kruger se foto, Fading, het die 2-ster afdeling gewen en mnr. Jacques Kruger se foto, Ruby, is as die wenner in die 3-Ster afdeling aangewys.

Mnr. Kruger se foto is ook as die algehele junior-wenner aangewys.

Mnr. Andrew Roos se foto, Piekniek, is as 4-Ster wenner aangewys en mnr. Hardus Pieters se foto, Klou vir lewe en dood, het die 5-Ster afdeling gewen.

Mnr. Pieters se foto is ook as die algehele senior-wenner aangewys.

Die volgende klubbyeenkoms sal op 8 Mei plaasvind, maar indien dit nie moontlik gaan wees met die afsonderingstydeperk nie, sal die foto’s na mnr. Jannes Drotsky van Bethal Fotoklub gestuur word vir beoordeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button