Local newsNews

Covid-19: Liefdadigheidsinisiatief op Standerton reeds 58 gesinne in nood bereik

Almal wat reeds ’n bydrae gemaak het of hulle verbind het tot ’n skenking, is bedank.

Die breinkind van mnr. Rosier de Ville van die Kosmos Aftree-oord het gelei tot ’n welsynsprojek.

Me. Arista van der Merwe het, in samewerking met sakelui, die SAVF se Krisissentrum, drie kerke op die dorp, dr. Marelize Fischer-Gerber en me. Barbara Sheppard, hulpbehoewende gesinne op die dorp geïdentifiseer.

Die oogmerk was om juis mense, wat nie deur enige ander organisasie gehelp word nie, van kospakkies te voorsien.

Skenkings word deeglik gekontroleer om nie enige gesin van die broodnodige te ontneem nie.

Volgens me. Van der Merwe, het die Lionsklub hulself reeds tot ’n kontantskenking vir ’n paar maande verbind.

Die eerste aflewering het op 27 Maart plaasgevind en sal op ’n volgehoue tweeweeklikse basis deurgevoer word.

Enigeen wat ’n bydrae wil maak, kan dit by Van der Merwe Ouditeure se Absa-rekening, takkode 632005, rekeningnommer 1002070924 inbetaal.

Kospakkies is in April afgelewer deur me. Van der Merwe en haar seun, mnr. Jaco Grobbelaar, me. Hanlie Brits en mnr. Marcel Botha.

Kosbydraes kan ook by Caledonstraat 70A afgelewer word.


Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news. 

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.

Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button