Die vriendinne oorhandig die komberse aan die inwoners en personeel van Silwerjare Ouetehuis op Bethal verlede week. Voor is me. Magriet Scholtz (bestuurder by Silwerjare Ouetehuis). Die vriendinne is me. Christa Venter, me. Suzette Botha, me. Hester Marx, me. Mari Burger, me. Mariana Holthauzen en me. Alrina Bobbins.
BETHAL – ‘n Groep enkellopende vriendinne op Bethal het besluit om in hul gemeenskap uit te reik deur verlede week komberse aan inwoners van Silwerjare Ouetehuis te skenk.
Me. Christa Venter het gesê die vroue het 24 name gekry van inwoners wat komberse benodig en die vriendinne het almal hande geneem en die komberse gehekel.
Dié vriendekring gaan die komberse wat oorgebly het na ‘n ander ouetehuis neem en daar uitdeel.
Me. Venter het al haar vriendinne wat gehelp het en deel was van dié projek, bedank.
Die vriendinne deel verlede week komberse by Silwerjare Ouetehuis uit. Hulle is me. Hester Marx, me. Suzette Botha, me. Mari Burger, me. Christa Venter, me. Nancy de Klerk (Silwerjare-inwoner), me. Suzette Botha, me. Mari Burger, me. Alrina Bobbins en me. Mariana Holthauzen.Die vriendinne oorhandig die komberse aan die inwoners en personeel van Silwerjare Ouetehuis op Bethal verlede week. Voor is me. Magriet Scholtz (bestuurder by Silwerjare Ouetehuis). Die vriendinne is me. Christa Venter, me. Suzette Botha, me. Hester Marx, me. Mari Burger, me. Mariana Holthauzen en me. Alrina Bobbins.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!