Hoëveld Fotografieklub se uitslae vir Mei se aanlyn kompetisie
Sy het ook sertifikate van meriete in die pikturale-afdeling vir haar foto's Venice Reflections en Remembered verwerf.
SECUNDA – Lede van die Hoëveld Fotografieklub het vir Mei weer eens aanlyn hul maandelikse foto’s laat beoordeel omdat hulle weens die inperking nie kan vergader nie.
Me. Chalaine Gerber was die beoordelaar. Die voorgeskrewe onderwerp vir Mei was ‘Vintage Style Photos’.
Me. Barbara Mitton was die wenner in die voorgeskrewe onderwerpafdeling met haar foto, Vintage Farlookers.
Sy het ook ‘n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.
Sy het ook sertifikate van meriete in die pikturale-afdeling vir haar foto’s Venice Reflections en Remembered verwerf.
Die ander fotograwe wat goed gevaar en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is mnr. Danie Smit met sy foto In her Dreams in die tweekleurige foto-afdeling, mnr. Jaco Linde met Butterflies in Lockdown in die natuurafdeling, dr. Leon Pelser met The Defence in die fotojoernalistieke-afdeling en me. Sussa Pelser met So far so Good in die fotojoernalistieke-afdeling.



fotojoernalistieke-afdeling


fotojoernalistieke-afdeling.




