Covid-19: Liefdadigheidsprojek op Standerton gaan volstoom aan
Die organiseerder van die welsynsprojek op Standerton, me. Arista van der Merwe, het vanoggend aan die Standerton Advertiser gesê dat die reaksie oorweldigend was nadat hul behoeftes aan die gemeenskap oorgedra is. “Baie dankie vir die waardevolle finansiële bydraes wat ontvang is,” het me. Van der Merwe bygevoeg. Die tweeweeklikse aflewering van kospakkies aan hulpbehoewendes …

Die organiseerder van die welsynsprojek op Standerton, me. Arista van der Merwe, het vanoggend aan die Standerton Advertiser gesê dat die reaksie oorweldigend was nadat hul behoeftes aan die gemeenskap oorgedra is.
“Baie dankie vir die waardevolle finansiële bydraes wat ontvang is,” het me. Van der Merwe bygevoeg.
Die tweeweeklikse aflewering van kospakkies aan hulpbehoewendes op die dorp kan voortgaan na die ruim skenkings.
Enige verdere bydrae sal verwelkom word, waar uitgereik word na mense wat nie andersins enige hulp ontvang nie.
Altesaam 35 gesinne vind tans baat by dié projek.
Enigeen wat ’n bydrae wil maak, kan dit by Van der Merwe Ouditeure se Absa-rekening, takkode 632005, rekeningnommer 1002070924 inbetaal. Die verwysing is ‘kospakkies’.
“Standerton se mense het weer eens gewys dat hulle saamstaan in tye van nood,” het me. Van der Merwe mee afgesluit.
Lees ook: Covid-19: Liefdadigheidsinisiatief op Standerton reeds 58 gesinne in nood bereik

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news.
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).



