VIDEO – Hoërskool Ermelo bring hulde aan oom Corrie Kleinhaus
In 2014 is hy tydens Hoërskool Ermelo se Lourierfunksie as die skool se Errie van die Eeu aangewys.

Mnr. Corrie Kleinhaus, voormalige redakteur van die Hoëvelder, is op 5 Mei oorlede, nadat hy ses weke gelede ná ’n beroerte in Trichardt Mediclinic en daarna in die Intercare Hazeldene Versorgingseenheid opgeneem is.
Hy is in Ermelo gebore en getoë en het in 1950 by die Hoëvelder as verslaggewer, fotograaf, proefleser en vertaler begin werk.
Hy was vir 45 jaar by die Hoëvelder werksaam, waarna hy ook vir ’n paar jaar as vryskutjoernalis gewerk het.
LEES MEER: Geliefde koerantlegende, Corrie Kleinhaus sterf
Hy was ook vir skolenuus verantwoordelik wat daartoe gelei het dat hy die rugbygeskiedenis van die Hoërskool Ermelo saam met prof. Heinrich Schulze in twee uitgawes gepubliseer het.
In 2014 is hy tydens Hoërskool Ermelo se Lourierfunksie as die skool se Errie van die Eeu aangewys.
Hoërskool Ermelo het gepas ’n huldeblyk aan hom gerig in dié video hieronder:



