Covid-19: AfriForum deel kospakkies aan behoeftiges in provinsie uit
’n Taakspan is op die been gebring om die verspreiding van voedsel op ’n georganiseerde wyse te bestuur.
AfriForum se takke in Mpumalanga het die afgelope maand meer as 30 ton voedsel aan behoeftige gesinne uitgedeel.
Dié burgerregte-organisasie het ‘n persvrystelling op Vrydag 5 Junie uitgestuur waarin gemeld is dat die inisiatief in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, Saai en verskeie ander organisasies aangepak is om gemeenskappe tydens die staat van inperking te ondersteun.
Groot nood het in gemeenskappe ontstaan nadat sommige mense nie tydens die inperking salarisse ontvang het nie of selfs hul werk verloor het omdat ondernemings hul deure moes sluit.
‘n Taakspan is op die been gebring om die verspreiding van voedsel op ‘n georganiseerde wyse te bestuur.
Die takke in die provinsie naamlik Bethal, Delmas, Ermelo, Leandra, Lydenburg, Machadodorp, Middelburg, Nelspruit, Piet Retief, Secunda, Standerton, Witbank en Witrivier, het altesaam meer as R150 000 se voedsel, handreiniger en maskers versprei.
Dié projekte is gefinansier vanuit skenkings, takfondse en die taknoodfonds wat tydens die inperking op die been gebring is.
“Dit is wonderlik om te sien dat gemeenskappe saamstaan en mekaar in dié moeilike tyd ondersteun,” het mnr. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, gesê.
“Baie van die kospakkies wat versprei word, is moontlik gemaak danksy skenkings wat ons by mense in die gemeenskap ontvang het.
“Dié projek sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van die gemeenskap nie.”
AfriForum het ook ‘n noodfonds vir elke tak geskep wat gebruik word om hierdie aksies volhoubaar voort te sit.
Die publiek kan skenkings aan die noodfonds maak wat weer gebruik word om noodsaaklike produkte vir behoeftiges aan te koop.
Mense wat skenkings wil maak, kan met hul naaste tak in verbinding tree vir meer inligting of die taknoodfonds-blad op AfriForum se webtuiste besoek.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).



