Local newsNews

AfriForum en Bethal GPF ontsmet kerke in Mpumalanga

“Kerke vorm ’n kerndeel van elke gemeenskap en sukkel om onder omstandighede kop bo water te hou terwyl hulle steeds mense in nood bystaan,” het mnr. Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Laeveld, gesê.

AfriForum in samewerking met die Bethal Gemeenskapspolisiëringforum het die afgelope paar dae gehelp om kerke in Bethal, Leandra en Morgenzon te ontsmet ter voorbereiding van hul heropening.

Dit volg ná die aankondiging dat kerkdienste volgens bepaalde regulasies op vlak 3 van die landwye Covid-19-inperking mag voortgaan.

Die regulasies dui onder meer aan dat slegs ’n bepaalde hoeveelheid kerkgangers tydens dienste toegelaat sal word en dat kerke ontsmet moet word alvorens dienste kan voortgaan.

“AfriForum is dankbaar vir elke lid van die gemeenskap wat dié burgerregteorganisasie met die ontsmettingsproses bygestaan het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button