Wen kaartjies na Eish!! se Post Covid Fees op Secunda
Hoewel regulasies dit nog nie toelaat om groot byeenkomste te kan aanbied nie, sal daar weer 'n tyd kom waar almal lekker saam op Eish!! se dek kan kuier en 'n glasie klink. "Tot dan wil ons vir elkeen 'n kans gee om 'n kaartjie te wen na die Post Covid-vertonings wat gaan plaasvind sodra regulasies dit toelaat."

SECUNDA – “Ons wil hoop skep vir die lewe na Covid-19 en daarom bied Eish!! Secunda die “Post Covid Fees” aan,” het me. Rolin Booysen, Lake Umuzi se bemarker, gesê.
Hoewel regulasies dit nog nie toelaat om groot byeenkomste te kan aanbied nie, sal daar weer ‘n tyd kom waar almal lekker saam op Eish!! se dek kan kuier en ‘n glasie klink.
“Tot dan wil ons vir elkeen ‘n kans gee om ‘n kaartjie te wen na die Post Covid-vertonings wat gaan plaasvind sodra regulasies dit toelaat.”
Elkeen van die vertonings gaan op uitgesoeke datums plaasvind wat gaan vir groot opwinding in Secunda sorg.
Die kunstenaars sluit in Bok van Blerk, Riana Nel, Elvis Blue, Joshua na die Reën, Snotkop, Saarkie en Manie Jackson. Jy staan ‘n kans om ‘n kaartjie na een van dié vertonings ter waarde van R150, te wen.
Hoe om te wen:
Bestel wegneemetes ter waarde van R250 of meer op die Eish!! App en kom in aanmerking vir die dag se trekking.
Elke dag word ‘n ander vertoning se kaartjie weggegee. Elke dag staan jy van voor af ‘n kans om te wen.
Trekkings word slegs op Maandae tot Vrydae gedoen.
Die wenners sal elke dag getrek word om die vorige dag se wenner aan te kondig.
Waarvoor wag jy? Download Eish!! se App en begin sommer dadelik jou bestelling plaas.
Die kaartjies na die 7 kunstenaars se vertonings sal geroteer word in ‘n 5 dag-siklus.
Die kompetisie strek vanaf 17 Julie totdat die Covid-19 regulasies verslap word.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).



