Local newsNews

Jason English van Standerton se kankerbehandeling is byna voltooi

Vanaf 3 Mei verlede jaar tot 20 Februarie was Jason altesaam 18 ure in die teater.

Jong Jason English van Standerton is in die pylvak van sy chemoterapie, met slegs twee weke wat vir dié gr. 7 -leerder van Laerskool Standerton voorlê.

Ma Mariaan het aangedui dat hy op 14 Augustus huis toe kom, hoewel die onkoloog aanbeveel het dat Jason vir ses maande in isolasie bly.

“Ek wil seker maak dat Jason nie met ‘n agterstand sy hoërskoolloopbaan aandurf nie,” het sy gesê.

Volgens die vrou, wat soms 3vm sou opstaan om die tog na Pretoria aan te pak, bly mnr. Rudi Hamman en die onderwysers van Stannies in verbinding en soms maak hulle hul opwagting met ‘n ballon of kaartjie vir Jason.

Haar rede vir die vroeg-uit-die-vere is die impak van Covid-19, wat toue gewoonlik langer by die hospitaal maak met ‘n gepaardgaande stormloop.

“Ander mense moet bang wees vir die koronavirus, maar ons is bang vir alles,” het Mariaan laat blyk.

Jason is verlede jaar met sarkomakanker gediagnoseer en die hospitaal het byna nou ‘n tweede tuiste geword met nie minder nie as vier operasies binne ‘n jaar.

Vanaf 3 Mei verlede jaar tot 20 Februarie was Jason altesaam 18 ure in die teater.

Laerskool Standerton se mnr. Rudi Hamman en me. Elsie Hamman besoek Jason English in die hospitaal. (Foto verskaf)

Lees ook: Jason English van Standerton se operasie het goed afgeloop

Tydens die eerste operasie wat die grootste was, is ‘n intervensieprosedure gevolg en tydens die tweede, is die gewas in die spierweefsel uitgehaal.

Die herinneringe aan die tweede operasie bly Mariaan tot vandag toe by.

“Dit was die ergste dag van my lewe.”

Die span medici het daarna uitgevind dat Jason rhabdomiosarkoma in die been het, waar die sarkomaselle (RMS) normaalweg in die willekeurige spiere ontwikkel.

Dit was met die laaste operasie dat die chirurg met ‘n ‘live CT-scan’ die kanker in die been verwyder het.

“Hedendaagse tegnologie is wonderlik,” het sy gesê.

Die aanvanklike destydse diagnose van ‘n oorinfeksie op Standerton het gelei tot opnames in die die Life Groenkloof Hospitaal en Unitas om die jong seun op die herstelpad te kry.

Daarbenewens vereis die adminstrasie verbonde aan mediesefondssake ook ‘n koelkop.

Jason, wat oor 56 weke chemoterapie ontvang het, het soms ‘n week in die hospitaal deurgebring en slegs die hospitaalkos, in teenstelling met sy gunstelingkos, was soms swaar om te sluk.

Hy leer aanlyn en assessering sal by Stannies gedoen word. “Dit gaan baie goed met hom,” het Mariaan mee afgesluit.

Lees ook: [GALLERY] Bikers of Standerton wash cars in aid of Jason English

Jason English van Standerton is verlede jaar met sarkomakanker gediagnoseer en die einde van chemoterapie is in sig. (Foto verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button