Local newsNews

Vryheidsfront Plus in Mpumalanga poog om toerismebedryf van ondergang te red

“Terwyl gewag word op ’n reaksie van die speaker en sekretaris rakende die blitsdebat, stort die bedryf in duie.

Standerton is ‘n besige deurgangsroete wat deel vorm van die toerismebedryf.

Die Vryheidsfront Plus het op Maandag 27 Julie ‘n verlaring vrygestel dat die party ingevolge Reël 92 van die provinsiale wetgewerreëls, ‘n blitsdebat aangevra het om die benarde toestand waarin die toerismebedryf in die provinsie verkeer, te debatteer.

Volgens die verklaring, is ‘n skrywe dieselfde dag aan die speaker, me. Busisiwe Shiba, en die wetgewer se sekretaris, mnr. Linda Mwale, gerig waarin versoek word dat die debat vir Donderdag, 30 Julie geskeduleer word. ‘n Antwoord is afgewag.

Voorts is gesê dat die debat ‘n poging is om alle politieke partye te verenig en ‘n boodskap aan die President en Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Aangeleenthede (Cogta) te stuur, om die toerismebedryf in Mpumalanga toe te laat om op ‘n verantwoordelike manier te heropen, om dié bedryf en die plaaslike ekonomie te red.

“Die plaaslike toerismebedryf het reeds memorandums aan die LUR vir tesourie en toerisme, mnr. Petrus Ngomane, oorhandig,” het die provinsiale leier, mnr. Werner Weber, gesê.

“Terwyl gewag word op ‘n reaksie van die speaker en sekretaris rakende die blitsdebat, stort die bedryf in duie.

“Gesinne, werknemers en ondernemings trek swaar en kort voor lank gaan die hele gemeenskap ekonomies verpletter wees.”

Volgens ‘n insetsel oor nasionale radio op Vrydag 31 Julie, is beweging vir ontspanningsdoeleindes in provinsies goedgekeur, maar tussen provinsies nog steeds verbode.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button