Local newsNews

Johan Fourie vier 60 jaar as prokureur

Hy het gesê dat dit 'n spanpoging was tussen hom en sy vennoot van 46 jaar, mnr. Hannes Human, asook die personeel wat gemiddeld langer as 20 jaar by hulle in diens is.

BETHAL – Mnr. Johan Fourie (85) het op 1 Junie vanjaar 60 jaar as prokureur op Bethal praktiseer.

Hy het gesê dat dit ‘n spanpoging was tussen hom en sy vennoot van 46 jaar, mnr. Hannes Human, asook die personeel wat gemiddeld langer as 20 jaar by hulle in diens is.

Mnr. Fourie het sy personeel geloof vir hul lojaliteit, asook hul jarelange kliënte.

Hy het genoem dat hy ongelooflike ondersteuning van kollegas gekry het van Bethal, Mpumalanga en die ou Transvaalprovinsie.

Mnr. Fourie het op Lydenburg grootgewoord waar hy in ‘n plaasskool was, en sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Lydenburg voltooi het.

Hy het daarna BA.LLB aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Hy het hierna op Bethal beland toe hy ‘n locum by Ferreira & Van der Merwe was.

Na drie maande het hulle hom gevra om aan te bly.

Mnr. Fourie het op 1 Maart 1961 ‘n vennoot geword.

Mnr. Hannes Human het op 1 Maart 1973 by mnr. Fourie aangesluit.

Met mnr. Human se aankoms, het mnr. Fourie op aktes gekonsentreer, terwyl mnr. Human die hofwerk oorgeneem het.

Die praktyk het vir 43 jaar al die destydse OTK se aktewerk gedoen.

Vir 31 jaar het mnr. Fourie op verskeie rade in Mpumalanga en die Noordelike Provinsies gedien en was ook op die beheerraad vir prokureurs in Suid-Afrika.

Hy was ook die vise-president van die Getrouheidsfonds in die Kaapprovinsie.

Mnr. Fourie en sy vrou, Annatjie, het ook diep spore op Bethal getrap.Die egpaar is 59 jaar getroud.

Hy was vir drie jaar die dorp se burgemeester en was ook vir drie jaar die voorsitter van die destydse bestuurskomitee.

Mnr. Fourie het dit duidelik gestel dat hy nog nooit daaraan gedink het om Bethal te verlaat nie.

“Bethal is ‘n wonderlike dorp, eintlik ‘n fantastiese dorp.”

Mnr. Fourie het ten slotte genoem dat hy en mnr. Human daarna mik om 50 jaar in vennootskap te wees, net vier jaar nog om te gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button