Local newsNews

VF Plus steun Mpumalanga-toerisme

Die VF Plus het gesê dat hy met me. Tshabalala in verbinding sal tree om antwoorde te bekom aangaande vrae oor die impak wat die inperking op die sektor het. 

Die VF Plus is bekommerd oor die regering se regulasies en beperkings op die toerisme-sektor en wat volgens hulle, heeltemal teenstrydig is met die wyse hoe die vervoer-bedryf soos taxi’s en busse gereguleer word.

“Daar moet nóú opgetree word om groot skade en werksverlies in dié bedryf te voorkom,” het die VF Plus in ’n mediaverklaring gesê.

Die party doen ’n dringende beroep op die LUR vir veiligheid, sekuriteit en toerisme, me. Cynthia Tshabalala, om ag te slaan op die noodkreet van Mpumalanga se toerisme-sektor.

In Mpumalanga dra toerisme 4.2% by tot werkskepping in die provinsie.

Nasionaal ly die bedryf tans daagliks skade van R750 miljoen en 1,5-miljoen werksgeleenthede hang in die weegskaal.

Die VF Plus het gesê dat hy met me. Tshabalala in verbinding sal tree om antwoorde te bekom aangaande vrae oor die impak wat die inperking op die sektor het.

Vrae is glo reeds in Mei aan die departement gestel.

“Die grootste vraag is waarom minibus-taxi’s toegelaat word om teen 100% passasier-kapasiteit te werk, maar toergidsvoertuie mag glad nie operasioneel wees nie.”

“Dit is irrasioneel om geen toere toe te laat nie, want die toeroperateurs sal op ’n verantwoordelike wyse sorg dat daar aan die nodige gesondheids- en veiligheidsregulasies voldoen word.”

Die VF Plus het gesê dat hy ook by die LUR daarop sal aandring om die Covid-19-veiligheidsprotokol wat deur die Toerisme-sakeraad van Suid-Afrika (TBCSA) saamgestel is, te bestudeer.

Die VF Plus is van mening dat hierdie protokolle veel beter is as dié wat deur die taxibedryf gebruik word, maar dat die taxibedryf bevoordeel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button