Local newsNews

Tannie Nellie Botha herstel op 101 van die koronavirus

Dié boervrou van die Standerton-omgewing het ’n onwrikbare geloof in die Opperwese en kon geen dag uitsonder waar daar nie hulp van Bo ontvang is nie.

Tannie Nellie Botha van die Kosmos Aftree-oord het op Vrydag 7 Junie haar 101ste verjaardag herdenk.

Wat dié geleentheid so besonders maak, is dat tant Nellie van die koronavirus herstel het.

Die ouetehuis het streng afsonderingsmaatreëls in plek gestel en die bestuurder van die tehuis, mnr. Jack la Grange, het ingestem om ‘n onderhoud namens die koerant met haar te voer.

Tannie Nellie, ouma Nellie of oumagrootjie Nellie het verlede jaar reeds kon spog met vyf kinders, 13 kleinkinders en vier agterkleinkinders toe ‘n onderhoud met haar gedoen is.

Dié boervrou van die Standerton-omgewing het ‘n onwrikbare geloof in die Opperwese en kon geen dag uitsonder waar daar nie hulp van Bo ontvang is nie.

Tannie Nellie se plaasagtergrond het ook nie in haar pad gestaan om sowat twee dekades gelede tuis in die tehuis te voel nie.

“Die ouetehuis van Standerton is ‘n toevlugsoord vir ons oumense,” het sy destyds gesê.

“Ons ontvang baie liefde hier.”

Sy is twee keer getroud en die eerste huwelik was met mnr. Machiel Meyer en daarna met mnr. Danie Botha.

Tannie Nellie het bygevoeg dat haar kinders ‘n groot vreugde vir haar was.

“Tot hiertoe het die Here my gedra en verdra,” het Petronella Susanna Botha (Robbertse) op Saterdag 8 Augustus mee afgesluit.

“Ek weet Hy sal my in Sy ewige heerlikheid opneem.”

Tannie Nellie Botha voordat sy met haar 100ste verjaarsdag die verversings in die eetsaal geniet het.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button