Local newsNews

Ds. Nico Boshoff omarm verskillende soorte van spiritualiteit

Tale het egter sy forte geblyk met ook Zoeloe wat vanaf die preekstoel oorgedra kan word.

Ds. Nico Boshoff van Standerton se predikantsroete het aanvanklik in 1972 in die onderwys by die destydse Potchefstroomse Universiteit vir CHO begin.

Met duidelike sekerheid na ‘n diens een aand, het hy sy geloofsoortuigings aan sy gesin oorgedra.

“Ek het dadelik telefoonhokkie toe gestap en my ma gebel,” het ds. Nico onthou.

“Ek het ook gedink ek sou nie Grieks en Hebreeus kon bemeester nie.”

Tale het egter sy forte geblyk met ook Zoeloe wat vanaf die preekstoel oorgedra kan word.

Al die musiek vir die tenoor in die weermag se Kanaries is waarneembaar in sy studeerkamer, die baskitaar en akoestiese kitaar naby die klawerbord, met ‘n ‘harmoniser’ op die koop toe.

Tydens sy Stellenbosch-studies vanaf 1976 tot 1979 het die tokkelok ‘n menigte van toere onderneem om aan al sy belangstellings vrye teuels te gee.

Tussen toneel, kerkbou-aksies, die admissiebond en koor het hy ‘n propvol program gehad.

“As ek na vakansie in Julie teruggekeer het, moes ek begin swot. Dit was fantastiese jare.” Nico en Des is in die Eikestad getroud en het vir die laaste twee jaar in ‘n woonstel gebly.

Die eerste beroep vir die alumnus was Nongama in die noorde van Zoeloeland en die tweede na Alkmaar, naby Nelspruit, waar sy ontvangs ietwat anders as die gewone geskied het.

Die destydse N.G. Kerk in Afrika se plaaswerkergemeente het die geleentheid op ‘n boer se plaas, onder ‘n koelteboom, gereël. “Die verversings was Oros en lemon creams.”

Die Boshoffs het in 1987 op die dorp by die N.G. Sendingkerk ingeskakel, hoewel ds. Nico as pastorale hulp by die N.G. Kerk se Wesgemeente diens gedoen het.

Hy het dorpe soos Bethal, Ermelo, Piet Retief en Secunda se bruin gemeentes versorg en bedien.

Einde 1993, begin 1994 sou eers die jare wees waar die N.G. Sendingkerk bruin- en swartmense in een kerk opgeneem het.

Die Boshoff-egpaar se twee seuns, Jaco en Willie bly albei in Pretoria, terwyl Anina haar Doer Onder in Townsville, Noord-Queensland gevestig het.

Hulle spog met ses kleinkinders waarvan vier in die vreemde is en ds. Nico was al twee keer in Australië, en sy vrou vier maal.

Tydens ‘n besoek aan ‘n akwarium het ‘n televisiespan ds. Nico opgelyn om ‘n busongeluk te beskryf toe hy en een kleinseun dit eerstehands beleef het.

“Dit was die hoofberig daardie aand,” het hy gesê.

Geen toga meer vir hom na aftrede nie, moontlik net die gholfstokke inpak en koers na Standerton Buiteklub kies.

Sy blik op geloofsake is soos volg verwoord:

“Dit lê op ‘n predikant se weg om verskillende soorte van spiritualiteit te akkommodeer.”

Al ds. Nico Boshoff se musiekinstrumente is waarneembaar in sy studeerkamer, die baskitaar en akoestiese kitaar naby die klawerbord, met ’n ‘harmoniser’ op die koop toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button