Local newsNews

Liza de Coning is nuwe voorsitter van Helpende Hand se Secunda-tak

Sluit aan by Helpende Hand-tak op Secunda

SECUNDA – Me. Liza de Coning het nog altyd ’n hart vir mense gehad en is al jare doening met welsynwerk, onder andere by Trichardtsfonteindam.

Sy is in Mei as die nuwe voorsitter van Solidariteit Helpende Hand se Secunda-tak gestig.

Sy het ook in dié tyd ’n Facebook-blad naamlik Secunda Hulp & Ondersteuning gestig om behoeftige mense te help.

Die doel van dié groep is om mense wat drigend kos of klere nodig het, by te staan.

As me. De Coning skenkings van die gemeenskap kry en kos en klere in voorraad het, kan sy dadelik as behoeftiges haar skakel, na hulle uitreik.

“As daar byvoorbeeld ’n mamma is wat nie melk vir haar baba het nie, wil ek in staat wees om dadelik vir haar ’n blik melk te vat,” het me. De Coning gesê.

Sy het op Witrivier grootgeword en op Standerton gematrikuleer voordat sy in Vanderbijlpark by ’n onderneming wat fotografiese toerusting verkoop, begin werk het.

Haar oudste suster het destyds in Vanderbijlpark gewoon en me. De Coning het by haar gebly, maar na Secunda verhuis toe haar swaer na Secunda verplaas is.

Me. De Coning het Secunda later vir Pretoria verruil waar sy as assistent-advertensiebestuurder vir ’n gemeenskapskoerant in Pretoria gewerk het voordat sy en haar man, mnr. Gerhard de Coning, weer terug na Secunda verhuis het.

Sy werk al vir jare by ’n tandeelkundige laboratorium op Secunda.

Me. De Coning het gesê die Helpende Hand-tak op Secunda is met min lede gestig ’n paar maande voor die inperking begin het.

Lede kan nie nou vergaderings bywoon nie, maar me. De Coning het gesê sodra die inperkingstyd verby is, sal die tak weer vergaderings kan hou.

Mense kan egter steeds nou betrokke raak en skekings maak of hulp vra by die tak.

“Ek ondervind dat baie mense wat voorheen werk gehad het en selfstandig was, nou sukkel om te vra en skaam is daaroor,” het me. De Coning gesê.

Omdat sy voltyds werk, gaan laai sy kos op of af tydens haar etenstye of wanneer sy klaar gewerk het.

Me. De Coning het gesê die tak wil graag ’n ondervoorsitter kies en belangstellendes of enige iemand wat by die Helpende Hand-tak op Secunda wil aansluit, kan haar skakel by 082 567 2247.

In haar vrye tyd, doen me. De Coning graag projekte saam met haar vriendinne, dikwels uitreikprojekte, sy lees graag biografieë, doen kunswerk en verfwerk of sy bak.

“Ek hou van bak, maar ek is nie goed daarmee nie. Almal wil sing maar dit is nie te sê almal kan sing nie,” het sy geskerts.

Sy kry net nie altyd tyd om al haar stokperdjies te beoefen nie.

“Ek en my vriendin koop nou al boeke wat ons sal lees eendag as ons oud is.”

Me. Liza de Coning geniet dit om te bak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button