Local newsNews

Drie mense sterf na botsing op die Johannesburg-pad

All Star Towing Services, verkeerspolisie, Standerton Polisie en staatsambulansdienste was ook op die toneel.

‘n Ongeluk verlede week tussen ‘n vragmotor en taxi op die R23 het drie lewens geëis.

All Star Towing Services, verkeersbeamptes, Standerton Polisie en staatsambulansdienste was ook op die toneel.

Die ongeluk het tot verkeersontwrigting gelei en die toneel kon eers laat die aand opgeruim word.

Die Standerton Advertiser het op Vrydag 14 Augustus met die polisiewoordvoerder in verbinding getree om vas te stel of al die oorledenes se naasbestaandes in kennis gestel is alvorens identiteite bekendgemaak kan word.

Adj.-off. Nkosinati Khanyile het dieselfde dag bevestig dat me. Lindiwe Madela and mnr. Mcebiseni Mtshali gesterf het en dat een beseerde in die Standerton Hospitaal beswyk het.

Dié ongeluk op die Johannesburg-pad het drie lewens geëis. (Foto verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button