Local newsNews

Dr. Leon Pelser neem beste foto by Hoëveld Fotografieklub

Sluit by fotografieklub aan en skryf jou beste foto's in

SECUNDA – Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op Vrydagaand, 14 Augustus in ‘n aanlyn maandelikse kompetisie, hul beste foto’s ingeskryf en dr. Leon Pelser het weer eens as die beste senior-fotograaf weggestap met sy foto, Harvesting, in die landskapfoto-afdeling.

Die beoordelaar, mnr. Wouter Labuscahgne van die Midlens Fotoklub op Middelburg, het gesê dit is ‘n uitstekende foto en dr. Pelser het ook ‘n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Dr. Pelser het ook ‘n sertifikaat van meriete vir sy foto, Gecko close up, in die natuurafdeling ontvang.

Me. Sussa Pelser se foto, Orange Burst, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling vir Augustus. Die tema was ‘Selfies’.

Dr. Leon Pelser het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Gecko close up, in die natuurafdeling ontvang.

Me. Sonia Boucher was die beste fotograaf onder die junior-fotograwe met haar foto, Life is a Journey, wat sy in die pikturale afdeling ingeskryf het.

Sy het ‘n sertifikaat van meriete vir dié foto, asook een van haar ander foto’s, Handle with Care, ontvang.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is mnr. Piet Potgieter vir Geniel in die fotojoernalistieke afdeling, me. Sussa Pelser vir Abstract Nature in die natuurafdeling, mnr. Pierre Jordaan vir Wat soek jy in die natuurafdeling, mnr. Jan Ferreira vir Scale Ball coming in die natuurvoëlsafdeling, en mnr. Danie Smit vir twee van sy foto’s, After the Prayer in die fotojoernalistieke afdeling en Reier en Tiervis in die natuurvoëlsafdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende aanlyn virtuele byeenkoms is op Vrydagaand 4 September.

Vir meer inligting, skakel mne. Jordaan by 082 465 0248.

Me. Sonia Boucher was die beste fotograaf onder die junior fotograwe met haar foto, Life is a Journey, wat sy in die pikturale afdeling ingeskryf het.
Mnr. Danie Smit het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Reier en Tiervis, ontvang.
Me. Sussa Pelser het die voorgeskrewe onderwerafdeling gewen met haar foto, Orange Burst.
Mnr. Danie Smit het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, After the Prayer, ontvang.
Mnr. Pierre Jordaan het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Wat soek jy, in die natuurafdeling ontvang.
Me. Sonia Boucher het ‘n sertitikaat van meriete vir haar foto, Handle with Care, ontvang.
Mnr. Piet Potgieter het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Geniel, in die fotojoernalistieke afdeling ontvang,

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button