Local newsNews

Gemeenskap op Standerton maak ruim skenkings aan Kosmos Aftree-oord

“Benewens die finansiële voordeel wat dit inhou, het dit ook ’n geweldige invloed op die moraal van pasiënte en werkers.”

Kosmos Aftree-oord op Standerton het die afgelope tyd verskeie donasies ontvang wat bygedra het om die impak van Covid-19 te verlig.

Mnr. Jack la Grange, bestuurder van die tehuis, het almal bedank wat die volgende insluit:

• Val Boerevereniging (vier suurstofmasjiene)
• Geld onder meer vir jassies, Hazmat-pakke, handskoene en gesigskerms
• Ontsmettingstonnel vir die ingang
• Verskeie soorte maskers
• Sasol Secunda (saniteermiddels)
• Procon (pakkie met saniteermiddels, reiniger en ander materiaal)
• ‘n Boer vir ‘n bees en kaste vol nartjies
• ‘n Groep vroue (weeklikse teegeld)
• Lemoene, nartjies en ander vrugte
• Koek en lekkernye vir personeel en pasiënte

“Die gemeenskap het weer eens hul harte vir die ouetehuis oopgemaak,” het mnr. La Grange gesê.

“Benewens die finansiële voordeel wat dit inhou, het dit ook ‘n geweldige invloed op die moraal van pasiënte en werkers.

“Dit is werklik ‘n riem onder die hart.”

Mnr. La Grange het ook elke personeellid bedank wat baie ure en ver van die huis moes werk, sowel as baie risiko’s moes loop, maar hul naam as versorgers gestand gedoen het.

Die ouetehuis funksioneer tans binne die afgekondigde afsonderingsreëls.

Die hoop is uitgespreek dat elkeen in die oord se lewe so gou as moontlik na die ‘nuwe normaal’ terugkeer.

“Dit is te vroeg om te voorspel dat die gevaar oor is. Dit mag wees omdat nuwe toetsings afgeneem het of vertragings in aanmelding.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button