Local newsNews

Oom Sakkie Venter van Standerton oorlede na kanker bevestig is

Sy dogters het nie na woorde gesoek om hul pa te beskryf nie en liefdevol, ondersteunend, geduldig, hardwerkend met ’n hart van goud was hul opsomming.

Izak Jacobus Venter, alombekend as oom Sakkie, is op 11 Augustus in die Steve Biko Hospitaal in Pretoria oorlede nadat ‘n kankerdiagnose op 7 Julie bevestig is. Hy het as ketelmaker by New Denmark Colliery gewerk voordat hy sy eie staalkonstruksie-onderneming vir die laaste 20 jaar bestuur het. Sy dogters het nie na woorde gesoek om hul pa te beskryf nie en liefdevol, ondersteunend, geduldig, hardwerkend met ‘n hart van goud was hul opsomming. Hy laat sy vier dogters Bernice, Leanné, Vinneen en Mari-Zaan agter, sowel as vyf kleinkinders. ‘n Roudiens het op Dinsdag 18 Augustus om 12nm in die AGS Kerk plaasgevind en sy oorskot sal veras word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button