Local newsNews
Secunda Gratis en Verniet-groep samel geld in vir verassing
Hy is verlede week dood en sy verassing vind op Donderdag, 27 Augustus plaas.

SECUNDA – Die bestuur van die groep wat behoeftiges bystaan, Secunda Gratis en Verniet, het die publiek gevra om hul harte oop te maak vir die verassing van mnr. Flippie Steyn.
Hy is verlede week dood en sy verassing vind op Donderdag, 27 Augustus plaas.
Die groep het reeds twee donasies van R500 elk ontvang en benodig nog R4 500 om die begrafnisondernemer te betaal.
Secunda Gratis en Verniet se bankbesonderhede is: FNB, rekeningnaam- Secunda Gratis en Verniet, tjekrekening, rekeningnommer – 62798495323, takkode – 255355.
Inwoners wat ’n inbetaling wil maak, kan die verwysing ‘pride’ gebruik.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



