SAVF wil nog ‘n veiligheidshuis vir kinders open op Secunda
Inwoners kan steeds SAVF finansieël ondersteun
SECUNDA – Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) beplan om voor die einde van die jaar nog ‘n veiligheidshuis vir kinders op Secunda oop te maak.
Janelle Huis op Evander word deur die SAVF bestuur, maar kan slegs 16 kinders huisves en volgens me. Mari Louw, streeksbestuurder van die SAVF, is daar soms ‘n waglys van kinders in nood wat dringend ander blyplek benodig weens hul omstandighede.
Redemptive Coffee het op Saterdag, 22 Augustus koffie verkoop ten bate van die SAVF.
Dié koffiestalletjie is geleë in Drakensbergstraat reg oorkant die Eendedam. Die publiek en fietsryers het dié inisiatief Saterdag ondersteun en in rye gestaan om koffie te koop.
Mnr. Maree Verhoef, eienaar van Redemptive Coffee, het gesê hulle wil graag insae in die nuwe huis vir kinders.
Die SAVF benodig nog beddens en verf om die gebou wat hulle in die veiligheidshuis gaan omskep, uit te verf.
Vir meer inligting of om die SAVF te ondersteun, skakel hul kantoor by 017 634 7719.




