CrimeNews

Kosie Kruger verskyn in 2021 weer in Secunda-hof

Jakobus Beyleveldt se dood word steeds bekyk

TRICHARDT – Mnr. Kosie Kruger wat daarvan aangekla word dat hy mnr. Jakobus Beyleveldt in die vroeë oggendure op Saterdag, 12 September doodgeskiet het, het op Dinsdag, 3 November in die hof op Secunda verskyn.

Die saak is na Dinsdag, 5 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek.

Mnr. Kruger het glo saam met mnr. Beyleveldt en nog vriende by ‘n huis op Trichardt gekuier en was na bewering te dronk om huis toe te bestuur en het toe besluit om by dié huis oor te slaap.

Volgens konst. Velencia Koma, skakelbeampte van Trichardt Polisie, het die polisie dié betrokke oggend van 12 September omstreeks 4vm ‘n oproep van Mediclinic Highveld ontvang oor iemand wat geskiet is.

Met die polisie se aankoms by die hospitaal, was mnr. Beyleveld reeds dood. Hy het ‘n skietwond in die kop gehad.

Mnr. Kruger het na bewering vir die polisie gesê hy en mnr. Beylevelt het die aand gaan slaap en mnr. Beyleveldt het reeds in die bed gelê terwyl mnr. Kruger oppad was om te gaan slaap.

Hy wou na bewering sy vuurwapen bêre toe die skoot afgegaan het wat mnr. Beyleveld in die kop getref het.

Mnr. Kruger het mnr. Beyleveldt in sy voertuig gelaai en hom hospitaal toe geneem waar hy dood verklaar is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button