Unicor Bethal-stoeiklub presteer by kampioenskappe
Hul Pumatjie-span het die Geesbeker gewen.
Unicor Bethal-stoeiklub het op 29 Augustus in Mbombela aan die vierde Pumatjies- en Mpumalanga Stoeivereniging (MSV) se ouderdomskampioenskappe deelgeneem.
Die klub se Pumatjie-span het ’n derde plek in die Geesbeker behaal.
Caleb de Almeida het twee goue medaljes in enkelmassa verower. Die ander stoeiertjies wat goud verower het, is Nicholas Ludeke, Liam Jevon en Quintin Proudfoot.
Die stoeiers wat met silwermedaljes huiswaarts gekeer het, is Marnus Smit, Keallian Moh, Udo Dorling (drie), Wynand Prinsloo (drie) en Caleb de Almeida.
RJ Fritz het twee bronsmedaljes verower, terwyl Erik Smit, Jacques de Valence en Keallian Moh elk een bronsmedalje verower het.
Hunter Draper en Johan Beeslar het onderskeidelik vierde en vyfde plekke behaal.
ALSO CHECK: Sefike leads Buckz Pool Table League in Sakhile after five rounds
ALSO CHECK: Kosmos Retirement Village in Standerton celebrates 70 years of community care



