Twee gewapende verdagtes het op 24 November ‘n plaaslike onderneming in Kerkstraat binnegegaan en die personeel aangehou.
Hulle het die werknemers vasgebind en die winkel van selfone en skootrekenaars beroof en daarna op die vlug geslaan.
Die rooftog het omstreeks 12.30nm plaasgevind en werknemers kon daarin slaag om omstreeks 1nm alarm te maak.
Die verdagtes is steeds op vrye voet en polisie ondersoek die saak.
Enige iemand met meer inligting kan die Ermelo Polisie skakel by 017 819 7803.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



