CrimeNews

AfriForum se Piet Retief-buurtwag hou sigbaarheidspatrollie saam met polisie

Buurtwaglede het in samewerking met die polisie ’n verdagte persoon vasgetrek wat uit ’n vangwa ontsnap het, terwyl nóg ’n verdagte – wat ’n sakeperseel betree het – tydens die patrollie in hegtenis geneem is. 

Vrywilligers van die AfriForum-buurtwag in Piet Retief het die afgelope naweek weer eens aan ’n suksesvolle sigbaarheidspatrollie deelgeneem.

Altesaam 48 patrolleerders het deelgeneem en die plaaslike polisiestasie het nege van sy polisiebeamptes vir die patrollie beskikbaar gestel.

Ses verkeersbeamptes het ook daaraan deelgeneem.

Tydens die patrollie het ’n konvooi elke sektor in Piet Retief besoek en die polisie en verkeersbeamptes het verskeie verkeerskaartjies uitgereik, waaronder vir onpadwaardige voertuie.

Verkeersbeamptes het voertuie afgetrek en saam met die polisie deursoek.

Buurtwaglede het in samewerking met die polisie ’n verdagte persoon vasgetrek wat uit ’n vangwa ontsnap het, terwyl nóg ’n verdagte – wat ’n sakeperseel betree het – tydens die patrollie in hegtenis geneem is.

“Dit is vir ons belangrik om hierdie inisiatief gereeld uit te voer om voortdurend sigbaarheid in die gemeenskap te verseker en om kriminele-aktiwiteite in ons dorp te beperk.

“Die gemeenskap se insette en hulp word hoog op prys gestel en kan tot almal in Piet Retief se veiligheid bydra,” het mnr. Gerhard Böhmer, voorsitter van AfriForum se Piet Retief-buurtwag, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button