Kom herdenk geloftefees by Smitsfield tussen Ermelo en Lothair
Alles sal voorsien word, maar feesgangers word gevra om net hul eie eetgerei en drinkgoed saam te bring.
Vanjaar se Smithfield Geloftefees sal weer by die Smithfield-terrein sowat 25 km vanaf Ermelo op die pad tussen Ermelo en Lothair gehou word.
Die verrigtinge sal Dinsdag 15 Desember omstreeks 4nm afskop.
Daar sal ’n kort opening en biduur wees, waarna die kinders van die Feesgangers, gediggies sal voordra.
Daar gaan later ook gebraai word.
Alles sal voorsien word, maar feesgangers word gevra om net hul eie eetgerei en drinkgoed saam te bring.
Die Geloftediens vind Woensdag, 16 Desember om 9vm plaas. ***
*** Die Hoëvelder het die bg. sin gewysig – die dag was verkeerdelik berig as Vrydag, 16 Desember – Die Geloftedag vind egter Woensdag 16 Desember plaas.
Dit sal deur Ds Lizanne Dippenaar gelei word, maar sal eers deur ’n vlagparade en die afskiet van ’n kanon voorafgegaan word.
Ná die diens word tee bedien, waarna feesgangers heerlik saam kan kuier en ’n gesamentlike middagete geniet waar elkeen sy eie disse voorsit.
Onthou om eie eetgerei en stoele saam te bring.
Vir meer inligting rakende die geloftefees kontak Dale
Groenewald by 082 925 5123, Morne Engelbrecht by 082 784 5248 of Magdaleen Neethling by 082 800 7792.



