Spioenkop Kersmark lok oor die 500 mense
Deurentyd het leerders van Theresa Jacobs se musiekskool ’n ware Kersatmosfeer geskep en markgangers met instrumente en sang vermaak.
Nagenoeg 500 mense het op 28 November die Kersmark wat by Spioenkop Venue gehou is, bygewoon.
Almal was vriendelik verras deur die opkoms en heerlike samesyn. Vir mense wat die dag bygewoon het, was daar om van te kies en keur met meer as 30 uitstallers wat met die hand uitgesoek is.
Deurentyd het leerders van Theresa Jacobs se musiekskool ’n ware Kersatmosfeer geskep en markgangers met instrumente en sang vermaak.

Vir die jongspan was daar ’n kindertuin gewees wat vir vele vermaak gesorg het.
Markgangers kon kieskeurig kibbel oor pryse en rondsoek tot hul die perfekte Kerskopie kon opspoor.
“Die visie van Spioenkop is om so bietjie van die Kaap platteland toe te bring asook om nou en dan eg-Kaapse Saterdae-markte aan te bied,” het me. Jani Cronjé, organiseerder, vertel.

Maak seker om die volledige berig in die Hoëvelder te lees.



