Local newsNews

Holland Geloftefees is om die draai

Die Geloftefees sal omstreeks 9vm deur ’n perde-optog voorafgegaan word.

Feesbeplanners van die Holland Geloftefees nooi die publiek uit om dié dag saam met hul te herdenk op 16 Desember.

Die Geloftefees sal omstreeks 9vm deur ’n perde-optog voorafgegaan word.

Sou daar enige belanghebbendes ook daaraan wil deelneem, kan hulle mnr. Dawie Swanepoel by 082 780 0212 skakel.

Mnr. Antonie Tollig, plaaslike sanger,beplan ook ’n optrede wat nie misgeloop moet word nie.

Hierna sal ’n diens deur pastoor Doloris Cronjé gelei word, gevolg deur die feesrede deur me. Naomi Uys.

Na die verrigtinge kan mense na heerlike samesyn uitsien wanneer daar gebraai gaan word. Afgesien van eetgerei en glase, hoef feesgangers hul nie te kommer om enige vleis of bykosse saam te bring nie, siende alles verskaf sal word.

Koeldrank sal op die terrein verkoop word. Vir die jongspan sal daar sprinkastele wees wat vir eindelose vermaak behoort te sorg.

T-hemde sal ook te koop wees, en kinders kan hulself besig hou deur hierdie hemde te verf.

Die organiseerders verwelkom enige donasies en het genoem dat dit aangewend sal word om die feesterrein te onderhou.

Die terrein is sowat 30km buite Ermelo op die Amersfoortpad uit, draai hierna regs by die ou uitspanningswinkel op die ou Morgenzon-pad en hou op die pad vir sowat 3km vanwaar jy weer regs draai by die Holland Feesterrein.

Vir enige verdere navrae kan mense mnr. Wikus Botha skakel by 078 120 3632.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button